Elanie Delport
Dorp/Stad waar jy woon:
Welkom
Beroep:
Recruitment and Client Care Officer
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het nog nooit voorheen ingeskryf nie. My ma en suster het my aangemoedig om vanjaar die kans te vat. Ek is tans op ’n persoonlike reis om my selfvertroue weer op te bou en myself meer uit te daag. Nie net in die lewe nie, maar ook in my perdry, wat ’n groot passie van my is.
Ek werk voltyds, studeer steeds verder en probeer elke dag groei as mens. Vir my gaan hierdie inskrywing nie net oor foto’s nie, maar oor om uit my gemaksone te klim en vir myself te bewys dat ek meer mag waag. Ek dink SARIE verteenwoordig egte, sterk en natuurlike vroue, en dit is iets waarmee ek myself vereenselwig.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Eieaardig
3 woorde wat jou goed opsom:
Gedrewe, Eg, Veerkragtig
