Willa de Vos
Dorp/Stad waar jy woon:
Kroonstad
Beroep:
Bemarking Student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir die Sarie Voorbladgesig 2026 omdat ek glo ware skoonheid leef nie net in ’n gesig nie, maar in ’n hart wat lig dra.
Deur elke seisoen van my lewe het geloof my geleer om met sagtheid, hoop en nederigheid te leef. Soos Psalm 23 my herinner: selfs deur storms en onseker tye bly God se vrede my anker.
Ek wil ’n jong vrou wees wat ander herinner dat jy nie perfek hoef te wees om mooi te wees nie,jy moet net lig, liefde en geloof uitleef.
Vir my gaan hierdie reis nie net oor ’n voorblad nie, maar oor die geleentheid om ander vroue aan te moedig om met selfvertroue, geloof en egtheid hul plek in die wêreld vol te staan.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Intensioneel
3 woorde wat jou goed opsom:
Spontaan, Hartsmens, Vasberade
