Nina-Louise van Zyl
Dorp/Stad waar jy woon:
Paarl
Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:
Dit is my eerste inskrywing. Ek wil graag vir SARIE se Nuwe Gesig-kompetisie inskryf omdat ek glo dit sal vir my ’n ongelooflike nuwe ervaring wees en my blootstel aan ’n wêreld buite my gewone gemaksones. Ek glo opreg dat nuwe ondervindinge karakter bou, mens laat groei en jou nuwe vaardighede leer wat jy vir die res van jou lewe kan gebruik. Vir my gaan hierdie kompetisie nie net oor foto’s of voorkoms nie, maar ook oor selfontwikkeling en selfvertroue. Ek dink dit is ’n wonderlike platform waar ’n mens meer van jouself kan ontdek, nuwe mense kan ontmoet en kan leer om met meer selfvertroue in jouself te glo. SARIE is ook iets wat nog altyd deel van my huis en grootwordjare was. My ma en ouma koop en lees al jare lank die tydskrif, en ek het nog altyd die opbouende, inspirerende en eg Suid-Afrikaanse inhoud bewonder. Dit sal vir my baie spesiaal wees om op my eie klein manier deel van so ’n ikoniese publikasie te wees. Ek sien hierdie as ’n geleentheid om myself uit te daag, nuwe herinneringe te maak en persoonlik te groei.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Sprankelend
3 woorde wat jou goed opsom:
Deursettingsvermoë, Betroubaar, Ambisieus
