Melandri van Biljon
Dorp/Stad waar jy woon:
Durbanville
Beroep:
Onderwys Intern
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek dink dit is tyd om bietjie ñ kans te vat en myself daar buite te sit en my selfbeeld bietjie opskerp. Eintlik is dit omdat my ma graag wil hè ek moet inskryf – en vir haar is ek baie mooi en sy glo dat ek dit verdien. Ek het nog nooit ingeskryf nie want ek dink ñ mens dink jy moet n model wees, jy moet lank en maer wees. So ook vat jy die kans om jouself daar buite te sit en jy moet met soveel ander mooi dames kompeteer. Eintlik is ons almal pragtig want ons is geskep deur God en is uniek. Ons elkeen het iets mooi aan ons – al voel dit nie al dag so nie want mense sien dit nie raak wat jy wil he moet dit raak sien nie, maar dit is nie wat tel nie solank jy tevrede is met jouself en dat jy weet God het jou uniek in Sy eie beeld geskape en dink jy is perfek. Al wen jy nie die voorblad van enige tydskrif of plek nie- is jy nogsteeds goed genoeg. Jy hoef nie gekies te word as n voorblad van enige iets nie – die belangrikste is dat jy met jouself tevrede is en weet waar jou waarde lê. Die Bybel vers wat by my op kom is Spreuke 31:10 "ñ Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene." So vandag skryf ek in vir my ma maar ook vir myself, sodat ek bietjie iets sal doen wat my uit my "comfort zone" uithaal en myself uitdaag om meer te dink van myself of ek hierdie ongelooflike titel kry of nie.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Poenakies.
3 woorde wat jou goed opsom:
Omgee, Georganiseerd, Ondersteunend
