Miah Prinsloo
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Mediese Student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek wil wys dat mediese studente meer is as net boeke, lang ure en harde werk. Ons is ook lewenslustig, spontaan, passievol en mooi op ons eie unieke manier.
Vir my gaan dit nie net oor uiterlike skoonheid nie, maar oor menswees. Ek glo dat hierdie geleentheid my sal help om verder as mens te groei, nuwe mense te ontmoet en myself buite die universiteitswêreld uit te leef.
Ek glo vas daar is niks belangriker as ’n dokter met goeie menseverhoudings nie. Iemand wat nie net pasiënte behandel nie, maar hulle laat gesien, gehoor en veilig voel. Daarom wil ek wys dat empatie, warmte en persoonlikheid net so belangrik is soos akademiese sukses.
Nee ek het nog nooit ingeskryf nie.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Flambojant
3 woorde wat jou goed opsom:
Passievol, Doelgerig, Betroubaar
