Lize Marié du Toit

Dorp/Stad waar jy woon:

Bredasdorp

Beroep:

Streeksbestuurder

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in omdat ek nog altyd gedink het die SARIE Voorbladgesig kompetisie is iets besonders. Dit vier vrouwees, menswees, en egtheid. Ek wou al vir 'n paar jaar inskryf, maar het elke keer die afsnydatum gemis. Hierdie jaar het ek besluit ek is nou betyds, laat ek nou inskryf!

Vir my gaan dit nie net oor 'n foto of 'n voorblad nie, maar oor selfvertroue, stories en die mooi van gewone vroue wat hulself met trots dra. Ek dink dis 'n lekker kompetisie wat mense bymekaar bring en vroue laat voel hulle mag ruimte opneem nes hulle is.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Varsmelk of Stoepsit

3 woorde wat jou goed opsom:

Leergierig/nuuskierig, Entoesiasties, Kreatief

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media