Coenette de Beer

Dorp/Stad waar jy woon:

Kimberley

Beroep:

Grimeer kunstenaar

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

My ouma moedig my al jare aan om vir Sarie Voorbladgesig in te skryf.
As kind het ek dikwels voor die spieël gestaan en gewonder hoekom ek anders lyk—hoekom my hare so krul, en waar ek ooit een dag sal inpas. Daardie vrae het my gevorm.

Vandag kies ek om dit wat my anders maak, met trots te dra. Ek staan vir jong meisies wat nes ek het, nog wonder of hulle genoeg is. Om vir hulle te wys dat hulle reeds is sonder dat hulle hoef in te pas.

Hierdie inskrywing is meer as net ’n droom. Dit is ’n viering van groei, aanvaarding en die moed om jouself ten volle te omhels. En natuurlik vir my liewe, Ouma.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Koester

3 woorde wat jou goed opsom:

Liefdevol, Spontaan, Pligsgetrou

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media