Marizelle Taylor
Dorp/Stad waar jy woon:
Somerset Wes
Beroep:
Onderwyser
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek onthou nog so goed hoe ek as kind elke maand uitgesien het vir die dag wanneer my ma die Sarie-tydskrif huis toe bring. Dit was vir my soos ’n klein fees! Ek het ure lank deur die bladsye geblaai, gedroom oor die mooi klere, die glans en die stories. (Tot my ma se frustrasie 😄) het ek selfs die foto’s uitgeknip en my mure vol collages geplak – van handsakke tot "qoutes" en pragtige gesigte.
Vir my was Sarie nog altyd meer as net ’n tydskrif – dit was inspirasie, drome en ’n bietjie magic op papier. En vandag, in ’n wêreld waar vroue se beelde soms so maklik verdraai word, herinner Sarie my steeds aan iets besonders: “Vrouwees is mooi. Jy is mooi.”
As ’n graad 3-juffrou sal dit vir my ongelooflik spesiaal wees om vir my leerders te kan wys dat hulle “juffrou” ook op ’n voorblad kan wees. Ek wil hê hulle moet sien dat jy groot mag droom, dat jy enigiets kan word, en dat jou horison baie verder strek as wat jy dink. Ek kan net dink hoe hulle ogies gaan blink – en hoe trots hulle gaan wees!
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Petofferig! Dit sê sommer net so lekker.
3 woorde wat jou goed opsom:
Gelukkig, Warm, Liefdevol
