Mariska Otto
Dorp/Stad waar jy woon:
Malmesbury
Beroep:
Finansies (Debiteure/Krediteure klerk)
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het nog nie voorheen ingeskryf nie, stel al jare uit. Toe ek sien die inskrywings vir Sarie Voorbladgesig 2026 is oop het ek dadelik vir my Ma `n boodskap gestuur om te laat weet die jaar skryf ek in, waarop sy `n lag "emoji" reply het omdat ek dit elke jaar noem. Maar die jaar is `n ander jaar… `n Jaar waarop ek besluit het, ek die beste jaar gaan maak. Vir `n Mamma van 2 dogtertjies voel ek is dit belangrik om vir hulle van kleins af te leer om mooi na hulself om te sien en ander maaitjies met respek te hanteer. Mooi is nie net uiterlik nie, maar kom van binne.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Gaatjieponser
3 woorde wat jou goed opsom:
Verspot, Eerlik, Opreg
