Telana van Brakel
Dorp/Stad waar jy woon:
Rustenburg
Beroep:
Entrepreneur & Besigheidseienaar
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het nog nooit voorheen vir iets soos Sarie Voorblagesig ingeskryf nie. Ek was egter van kleins af deel van die modelbedryf en het reeds vanaf die ouderdom van sewe 'n groot liefde daarvoor ontwikkel. Al doen ek nie meer professioneel modelwerk nie, bly dit steeds iets waarvoor ek baie passie het. Vandag staan ek as entrepreneur sterk in my eie besigheid, maar ek glo steeds daarin om vroue aan te moedig om hulself met selfvertroue, styl en egtheid uit te leef. Vir my gaan hierdie inskrywing nie net oor 'n foto op 'n voorblad nie, maar ook oor groei, inspirasie en die geleentheid om weer daardie kreatiewe kant van myself uit te leef.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Aitsa!!
3 woorde wat jou goed opsom:
Selfversekerd, Lewenslus, Passievol
