Bernadette Cloete

Dorp/Stad waar jy woon:

Malmesbury

Beroep:

Rekenmeester

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in om vroue, veral ouer vroue, te herinner dat ons almal uniek is met ons eie skoonheid – uiterlik of/en innerlik. Ons as vroue moet onthou dat die Here ons mooi gemaak het en moet dit met waardigheid dra. Ons word nie ouer nie, maar meer geseën, ons is nie oor die muur ((over the hill")nie, maar klim hoër. Dra jou jare as 'n EREwapen – daardie lagplooie en plooie om die oë en nek. Ek wil ouer vroue inspireer om te onthou dat al het jy nie die perfekte gesig, hare of lyf nie, jy is steeds pragtig! Ek het een keer voorheen ingeskryf – 2024.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Asemrowend

3 woorde wat jou goed opsom:

Vriendelik, Eerlik, Regverdig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media