Lynré Oerson

Dorp/Stad waar jy woon:

Citrusdal

Beroep:

Onderwyseres

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf vir die tweede keer in vir Sarie Voorbladgesig, omdat my reis van selfaanvaarding en groei as vrou steeds voortgaan. Ek wil my uniekheid vier en aanhou groei in wie ek is.

Deur hierdie platform wil ek nie net myself vier nie, maar ook vir ander wys dat dit moontlik is om met selfvertroue jouself te wees. Ek glo elke vrou dra iets besonders in haar. Ons hoef nie almal dieselfde te wees nie, dit is juis ons verskille wat ons mooi maak. Ek skryf in omdat ek ’n rede wil wees vir ander vroue om te glo dat hulle ook kan, dat hulle genoeg is, en dat hul uniekheid hul grootste krag is.

Ek leef met trots in myself en in wie ek besig is om te word.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Snert!

3 woorde wat jou goed opsom:

Gelowig, Doelgerig, Lewendig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media