Zenda Franke
Dorp/Stad waar jy woon:
Witbank
Beroep:
Payroll Administrateur
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir Sarie Tydskrif se Voorbladgesig 2026 kompetisie omdat ek glo dat ware skoonheid gebore word uit lewenservaringe, geloof en die moed om weer op te staan.
In my 38 jaar het ek geleer dat die lewe nie altyd volgens plan verloop nie, maar juis in daardie onverwagte draaie lê ons grootste groei.
Ek is ’n ma van vier kinders, en elkeen van hulle is vir my ’n unieke bewys van liefde in sy mooiste vorm. Ek beleef daagliks 4 wonderlike verskillende tiepes liefde. My oudste kind het ek en my gewese man saam aangeneem van geboorte af, my tweede is my stiefseun, en na 16 jaar van gebed, IVF’s en KI’s het die Here my uiteindelik geseën met twee van my eie swangerskappe. My pad na moederskap was nie maklik nie, maar dit het my geleer van geduld, hoop en onwrikbare geloof.
Ek het ook ongelukkig deur ’n egskeiding gegaan—’n seisoen wat my gebreek het, maar uiteindelik weer opgebou het tot ’n sterker, wyser en meer selfversekerde vrou. Vandag staan ek nie net as iemand wat oorleef het nie, maar as iemand wat gegroei het en haar plek in die wêreld met oortuiging inneem.
Vir my gaan hierdie kompetisie nie net oor hoe jy lyk nie, maar oor wie jy is en wat jy verteenwoordig. Ek wil ’n stem wees vir vroue wat dalk voel hulle is nie “genoeg” nie of vroue wat deur 'n moeilike tyd gaan —om vir hulle te wys dat hulle storie, hul pad en hul uniekheid presies is wat hulle mooi maak en dat hulle regtig sterk genoeg is om die moeile tye deur te kan gaan. Vroue moet weet dat hulle nie alleen is nie.
Ek glo ek verdien hierdie geleentheid omdat ek ’n egte weerspieëling is van die moderne vrou: iemand wat liefhet sonder voorwaardes, wat deur storms gegaan het en steeds kies om te glo, en wat elke dag opstaan met dankbaarheid en hoop.
As Voorbladgesig wil ek nie net gesien word nie—ek wil ander help om hulself raak te sien.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Trots
3 woorde wat jou goed opsom:
Spontaan, Liefdevol, Geloofsgevul
