Cherike Boshoff
Dorp/Stad waar jy woon:
Potchefstroom
Beroep:
Teologie student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir SARIE voorbladgesig omdat ek glo ware skoonheid begin by selfaanvaarding en eerlikheid oor wie jy is. Ek is nie perfek nie maar ek is eg, en dit is die krag wat my dra.
Vir my gaan hierdie geleentheid oor meer as net ’n voorblad, dit gaan oor verteenwoordiging van die alledaagse vrou wat leer om haarself met trots te dra. Ek wil wys dat selfvertroue nie iets is waarmee jy gebore word nie, maar iets wat jy bou deur jouself elke dag te kies.
As ek iemand kan inspireer om hul eie waarde raak te sien, dan is dit reeds ’n wen. Ek skryf in omdat ek gereed is om gesien te word vir wie ek is, nie net vir hoe ek lyk nie, maar vir wat in my hart leef. Want aan die einde van die dag is dit nie ’n vrou se voorkoms wat haar definieer nie, maar die liefde, opregtheid en sagtheid wat uit haar hart vloei.
(Ek het nog nie vantevore ingeskryf vir SARIE voorbladgesig nie)
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Koester
3 woorde wat jou goed opsom:
Sagmoedig, Liefdevol, Uniek
