Nicola Viljoen
Dorp/Stad waar jy woon:
Robertson
Beroep:
Onderwyser
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir Sarie se voorbladgesig omdat ek vir my leerders wil wys dat drome nie beperk word deur waar jy vandaan kom nie. Ek is ’n onderwyseres in Robertson, ’n klein dorpie, maar ek glo vas dat elkeen raakgesien kan word as jy hard werk en in jouself glo.
Ek wil ’n voorbeeld wees vir die kinders in my klas – om hulle te bemoedig om groot te droom, hulself te wees en nooit te dink hulle is “te klein” of “van ’n klein plek” om iets besonders te bereik nie. Hierdie geleentheid gaan nie net oor my nie, maar oor elke kind wat moet hoor: jy kan dit ook doen.
En nee ek het nog nooit ingeskryf nie. Hierdie is my eerste keer.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Bedagsaamheid
3 woorde wat jou goed opsom:
Inspirerend, Vasberade, Liefdevol
