Anmari Olivier
Dorp/Stad waar jy woon:
Wellington
Beroep:
Landboukundige
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het nog altyd gevoel ek kan vereenselwig met die vrou wat op die SARIE voorblad verskyn. Sy is 'n alledaagse vrou. Ek sien iets van myself in haar. Sy is beeldskoon, sterk en trotseer uitdagings wat net ander vrouens seker sal verstaan.
Ek is ook 'n alledaagse vrou. Party dae voel dit of ek die wêreld kan verower en ander dae voel dit of ek die wêreld op my skouers dra. Party oomblikke is ek so lief vir myself ek wonder hoe 'n modelagentskap my nog nie opgeraap het nie en ander oomblikke moet ek myself herinner dat ek moet dankbaar wees vir die liggaam wat die Here vir my gegee het. Party dae dink ek dat ek hierdie lewe-ding al goed onder die knie het en ander dae kom herinner God my dat daar nog 'n paar lesse op my wag.
Ek leer nog elke dag en dit sal vir my besonders wees as ander vrouens ook iets van hulself in my kan sien.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Koester
3 woorde wat jou goed opsom:
Sagmoedig, Vriendelik, Lojaal
