Jancke Potgieter

Dorp/Stad waar jy woon:

Stellenbosch

Beroep:

Kunsdireksie Student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir die eerste keer in vir Sarie Voorbladgesig, omdat ek glo in drome.

In my kop, is ek steeds die klein dogtertjieprinses wat in haar plastiek hakskoene en feetjierok, met haar baba in 'n waentjie, die gange van Pick 'n Pay, selfvoldaan aangedurf het.
Maar nou dat die feetjie rok nie meer pas nie, en ek regte inkopies doen, droom ek steeds- en sien ek hierdie platform as die geleentheid om mense te bereik op 'n manier wat werklik iets beteken.

Ek wil sagtheid en eerlikheid verteenwoordig, om die stories te vertel oor hoe mooi die lewe kan wees wanneer jy dit met oop hande en moed, nie net aanpak nie, maar ook ontvang. Ek glo dat daar steeds waarde leef in egtheid, en in drome. So ek skryf in vir Sarie voorbladgesig namens elke dogtertjie of vrou wat nog nie het nie, ook vir die klein prinses weergawe van myself wat net daarvan kon droom.

Ek het vir jare gedroom, en nou is dit tyd dat ek iets daarmee doen, vir'n hart wat mense ligter wil laat. Ek wil deel wees van 'n generasie vroue wat intensioneel leef, en doelbewus iets betekenisvol bou- vir hulself en vir ander.

As ek een dogtertjie, aan haar drome kan laat vashou, het ek reeds gewen.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

ongeëwenaar

3 woorde wat jou goed opsom:

Sterk, Sag, Doelgerig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media