Jessica Grobler
Dorp/Stad waar jy woon:
Vanderbijlpark
Beroep:
Grimeerkunstenaar/Bemarking/Video-aanbieder
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het besluit om in te skryf vir SARIE Voorbladgesig omdat dit nog altyd een van my drome was, en ek het besluit nou is die tyd om self die geleentheid vir myself te skep en ’n nuwe uitdaging aan te gryp. Ek het vir myself gevra: hoekom wag? Nou is die beste tyd!
Ek is mal oor waarvoor SARIE staan, om vroue te vier in al hul skoonheid en uit verskillende agtergronde. Ek hou daarvan dat SARIE regte, egte vroue vier en wys dat skoonheid in soveel vorme kom uit die innerlike en nie net die uiterlike nie. Ek glo ek is iemand met wie baie mense kan vereenselwig, en ek sal graag deur die platform wat SARIE bied met mense wil konnekteer en selfs inspireer.
My ma en sussie het my elke jaar aangemoedig om in te skryf, en ek voel ek is nou op die regte plek in my lewe om hierdie geleentheid ten volle aan te pak en hulle, en myself trots te maak. Vir my is dit ’n kans om iets nuuts te doen en te wys dat ’n mens nooit te groot kan droom nie.
(Ek het nog nie van tevore ingeskryf nie).
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Fantasmagories
3 woorde wat jou goed opsom:
Veelsydig, Sielvol, Passievol
