Nteboheng Timati

Dorp/Stad waar jy woon:

De Doorns

Beroep:

Deeltydse skoolassistent

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Hierdie is my heel eerste inskrywing en ek is vreeslik opgewonde om in te skryf omdat hierdie ‘n groot geleentheid vir my is – as ‘n vrou van kleur van ‘n klein dorpie vir wie hierdie geleenthede nie altyd kom nie. So, wanneer dit kom gryp ek dit aan met albei hande.
Ek skryf in nie net vir myself nie , maar vir elke jong dame wie dalk huiwer om hul drome na te jaag. Ek wil jong dames en vroue inspireer om elke geleentgeid aan te gryp.
Ek werk in skole met jong dames en ek sien hoe hul soms wegkruip agter hul omstandighede en die “nie goed genoeg gevoel”. Ek weet hoe dit voel om weg te kruip en te voel dat my drome te groot is vir iemand soos ek van ‘n klein dorp, maar ek besef nou dat my droom nooit te groot was nie en dat God daardie drome op my hart geplaas het vir ‘n rede.
My inskrywing is om ‘n verskil te maak en deel te wees van iets groter as myself.
Hierdie gaan nie net oor my nie, maar oor die talle mense wie ek sal kan aanraak deur hierdie geleentheid.
Ek glo ook dat hierdie my kans is om te skitter en so ook selfvertroue en deursettingsvermoë te vier!
As ek dit kan doen sal elke ander vrou en jong dame ook glo dat hulle kan en dit is vir my die belangrikste : om deel te wees van positiewe verandering in ons gemeenskappe!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Verskriklik (ek herhaal dit dikwels na elke sin)

3 woorde wat jou goed opsom:

Nederig, Regverdig, Selfgedrewe

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media