Zadine Mc Carthy
Dorp/Stad waar jy woon:
Jeffrey’s Bay
Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:
Ek skryf in vir SARIE Nuwe Gesig omdat ek glo ek verteenwoordig selfvertroue, deursettingsvermoë en egtheid. As ’n sanger en entertainer met jare se ondervinding is ek gemaklik voor mense en weet ek hoe om myself professioneel en met energie voor te stel. My werk in die yachting-industrie het my ook geleer om hard te werk, toegewyd te wees en altyd ’n positiewe indruk te laat. Ek het nog nie voorheen ingeskryf nie, maar ek voel nou is die regte tyd om hierdie geleentheid aan te gryp en myself op ’n groter platform te wys. Ek wil nie net groei in my eie loopbaan nie, maar ook ander jong vroue inspireer om hul drome na te jaag.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Droomsindroom
3 woorde wat jou goed opsom:
Passievol, Goedhartig, Lewenslustig
