Delareyz Smit
Dorp/Stad waar jy woon:
Heilbron
Beroep:
Finansiële Bestuurder
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Dit sal'n ongelooflike eer wees om op Sarie se voorblad te verskyn.
Ek wou al van jonks af 'n model wees maar tot dusver het die lewe ander draaie geloop. Ek was omtrent 3 jaar oud toe ek 'n rol in n dokumentêr gespeel het "Shipwreck on the Skeleton Coast", van daar af is dit my droom om n model of aktriese te wees. Ek het al eenkeer voorheen in geskryf, maar ongelukkig nie die top 30 gemaak nie.
Die geleentheid sal vir my baie opwindend wees en nuwe ervarings bied.
Ek sien uit om deel van hierdie ongelooflike reis te wees. Die afgelope paar jaar het ek deur baie gegaan en met depressie gestoei. Ek klim nou uit my gemak zone uit om in te skryf en bewys dat mens nogsteeds geleenthede, wat jou waardig laat voel, moet aangryp. Dit sal vir my so spesiaal wees as my man en twee dogtertjies kan spog dat ek Sarie se voorbladgesig van 2026 is. Hierdie is nie net vir my 'n algemene kompetisie nie, dit is n besonderse belewenis
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Poelpetaan
3 woorde wat jou goed opsom:
Eerlik, Avontuurlustig, Vasberade
