Karlie Lindeque
Dorp/Stad waar jy woon:
Groot Brakrivier
Beroep:
Onderwyseres & Grimeerkunstenaar
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Liewe Sarie
Ek skryf in vir Sarie Voorbladgesig 2025 om God se goedheid en guns in my lewe te weerspieël en te versprei na ander. Wanneer mense na my kyk wil ek hê dat hulle nie my moet raaksien nie, maar God binne my. Dus, wil ek die skoonheid en talente waarmee God my geseën het gebruik tot die glorie van God. Alles wat ek het, is en doen is te danke aan God. Ek probeer my bes om elke dag 'n goeie verteenwoordiging van God te wees.
Ek het al 'n paar struikelblokke in my lewe oorkom, soos om my pappa skielik aan die dood af te sterf in Desember 2018. Dit was 'n oorweldigende terugslag in my lewe en 'n seer wat ek aan niemand kan beskryf nie. Maar, tydens die storm, het God gekom en my bo-natuurlike vrede gegee en my hart genees. Dit het my geleer dat die lewe enige tyd, van enige een van ons onverwags ontneem kan word. Daarom moet ons elke dag voluit lewe en seker maak dat ander ook gered is, vir as hulle dag sou aanbreek.
Ek wil hoop, liefde, vrede, vreugde, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid en selfbeheersing uitstraal na al die kykers.
Baie dankie dat ek 'n klein gedeelte van my hart met julle kon deel en vir hierdie sprankelende geleentheid.
Liefde
Karlie
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Fopspeen
3 woorde wat jou goed opsom:
Sagte gees, Liefdevol, Nederig