Chané Beeselaar

Dorp/Stad waar jy woon:

Worcester

Beroep:

Musiekant / Liedjieskrywer / Besigheid eienaar

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir die voorbladgesig want ek glo dat ek 'n unieke storie het. Ek streef ook daarna om ander te inspireer met dit wat ek het. Ek het nog altyd geglo om jou drome teenvolle te volg, al is dit baie groot. My drome is/was nog altyd baie groter as meeste mense, maar ek sal nogsteeds aan hou en nooit opgee nie.
Ek is tans 'n liedjieskrywer en musiekant. Ek het reeds 'n Album op alle digitale platforms yt. My musiek is op radio stasies regoor die wêreld, en ek was al op 'n paar plaaslike TV stasies soos "Expresso Morning Show" en "CapeTown TV". Ek was ook in ander tydskrifte soos Huisgenoot. Ek is tans besig om musiek op te neem in die VSA met groot name in die musiek bedryf. Die musiek vervaardiger waarmee ek werk het musiek gemaak vir name soos Toby Mac, Group One Crew en Jonas Brothers.
Ek het ook 'n besigheid, waar ons ander musiekante in die musiek bedryf help om bekendstelling op radio stasies te kry.
Ek streef om ander vrouens en jong meisies te inspireer en vir hulle te kan wys hoe moontlik enigeiets is. Jy moet net droom, en dan die droom volg!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Geluksalig

3 woorde wat jou goed opsom:

ambisieus, liefdevol, selfversekerd

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media