Miché Botha

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:

Skoonheid lê in die oog van die aanskouer – ’n sêding wat vir altyd een van my gunstelinge sal bly. Alles in die lewe is vir iemand mooi. Dalk nie vir almal nie, maar vir IEMAND. Selfs ’n neon-groen mat, helder geel hare of ’n windpomp in die middel van nêrens. Ek wil daardie IEMAND wees. Die een wat die skoonheid in ander raaksien, wat meisies help besef, deur my eie ervaring, dat hulle perfek is in hulle onvolmaaktheid — net soos ek. Ek droom van ’n gemeenskap van tienermeisies wat mekaar opbou en ondersteun, eerder as om jaloers of afgunstig te wees. Want dis waarna ek smag… en ek glo, baie ander meisies ook.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Makietie

3 woorde wat jou goed opsom:

Avontuurlustig, Optimisties, Eenvoudig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media