Ciara-Lee Johannes
Dorp/Stad waar jy woon:
Durbanville
Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:
Ek skryf in vir Sarie se nuwe gesig omdat my ma gesê het ek moet! Dink sy is my grootste 'fan' Ek is meeste van die tyd stil en rustig maar vol energie tussen mense wat ek ken. Die afgelope 2 jaar was vol lewensuitdagings vir my. Al wat ek kan sê is dat ek geleer het om lief te wees vir myself, geleer het om in myself te glo, die Here weer op te soek en dat jaloesie, verwerping en sosiale media my nie gaan ondergekry nie (amper, maar nie stamper nie) Ek het regtig, soveel gegroei in die 2 jaar en wil ek graag ander jong meisies wat met dieselfde probleme sukkel, inspireer om net hulleself te wees en hulle te omring met mense wat 'n positiewe invloed het op jou. Die lewe is nie altyd regverdig nie, maar dit is wat JY daarvan maak!
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Pikkewyn
3 woorde wat jou goed opsom:
Lank, Lojaal, Nuuskierig