Elze Lambrechts

Dorp/Stad waar jy woon:

Windhoek

Beroep:

Kliniese Tegnoloog in pulmonologie

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Solank as wat ek kan onthou, het ek as klein meisiekind met groot oë opgekyk na die beeldskone vroue wat op die voorblad verskyn het. Met elke uitgawe wat my ma gekoop het, en elke bladsy wat ek geblaai het was vir my 'n venster na drome, styl en inspirasie. Mettertyd het dit nie net by 'n kinderdroom gebly nie – dit het 'n hartsverlange geword.

Soos ek ouer geword het, het ek besef dat die vroue op SARIE se voorblad nie net mooi gesigte is nie maar, het kragtige stemme, unieke stories, en is hard werkende vroue met stralende persoonlikhede. Om een van hulle te wees, is vir my nie net ’n droom nie – dit is ’n roeping.

Ek wil inskryf omdat ek glo my storie, my wortels en my stem kan ook ander inspireer. Ek wil deel wees van iets groter as ek en n platform soos Sarie wat vrouens vier en inspireer voel vir my soos die regte keuse. Ek is ’n plaasmeisie van Namibië – ek was nooit die gewildste nie, maar ek het altyd geweet daar is krag in sagtheid, en hoop in elke nederige begin. Om as Namibiese vrou op SARIE se voorblad te verskyn, sal nie net vir my baie beteken nie – dit sal wys dat enige jong meisie, waar sy haar ook al bevind, ook mag droom, ook mag glo, en ook na die sterre te reik.

Dis meer as ’n voorblad – dis ’n platform om ander se harte aan te raak. En dit is wat ek hoop om te doen.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Poenankies

3 woorde wat jou goed opsom:

Egtheid, passievol, volharding

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media