Carli Strydom

Dorp/Stad waar jy woon:

Nelspruit

Beroep:

Fisioterapeut

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Sarie Voorbladgesig was 'n droom wat ek gehad het sedert ek op skool was. Almal het toe ingeskryf vir Sarie NuweGesig en dit het die spesiaal daarvan vir my weggevat. Ek wou lankal reeds inskryf, maar het heeltyd fout gevind met myself.

Nou, na 7 jaar van droom, het ek besluit dit is nou die tyd om 'n kans te vat. Ek het besef dat jy nooit perfek genoeg en mooi genoeg sal voel, volgens jou eie en die wêreld se standaarde, om te dink jy verdien om op die voorblad van 'n tydskrif te wees nie, wat nog te praat van 'n Sarie Voorblad!

Ek het wel hierdie jaar groot rustigheid gekry en nou, meer as ooit besef dat ek my identiteit vind in die Here, of ek nou op 'n voorblad is of nie.
Hy het my geskape presies soos wat ek is, met sterk hande, bree skouers en sproete, alles presies soos wat Hy my wil hê en gebruik.

Ek getuig van God se Genade oor my lewe. Hy het my geseën met skoonheid en ek wil dit gebruik tot Sy eer.
Hoe? Dit weet ek nog nie, ek weet wel dat Hy die sterk begeerte in my hart geplaas het vir Sarie Voorbladgesig, so hier gaan ek! Die res sal ek nog "uitfigure" soos ek gaan.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

O gats!

3 woorde wat jou goed opsom:

Planmaker, Raakvatter, Fyn waarnemer

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media