Emma Kaufman

Dorp/Stad waar jy woon:

Paarl

Beroep:

Student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek staan al van kleins af bekend as die "ongemaklike, boskop-kind". Ek was bekend as die meisie wie liewer in die hoek sou sit en prentjies teken eerder as sport speel, die meisie met die deurmekare hare wie nie maklik maatjies gemaak het nie.

Deur die jare het ek myself aangepas om in 'n sosiale aanvaarbare boks te pas, in 'n poging om aanvaar te word en dit deur my skooljare te maak, maar ek het daarna besluit om daardie boks middeldeur te skeer en weg te gooi.

Ek skryf vandag in vir hierdie SARIE Voorbladgesig om vir meisies te wys dat dit oraait is om nie 'n boksie-kind te wees nie. Dit is my missie om vir jong dames, asook vroue van alle ouderdomme te wys dat dit okei is om hul ware self te wees, ongeag van hoe hulle lyk en waarvan hulle hou.

Dit sal vir my 'n ongelooflike groot eer wees om hierdie aan my mede-vroue te kan oordra, want hierdie geleentheid is meer as net 'n prentjie op 'n voorblad, dit is 'n geleentheid om 'n boodskap oor te dra en 'n voorbeeld te stel.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Aspatat

3 woorde wat jou goed opsom:

Kreatief, Intelligent, Liefdevol

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media