Eloise Myburgh
Dorp/Stad waar jy woon:
Strand
Beroep:
Finansiele Adviseur
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Grootgeword met Sarie in die huis in 'n liefdevolle gesin met 'n mamma wat 'n pragtige voorbeeld van vrouwees en ma wees versinnebeeld. Sedert die bekendstelling van Sarie Voorbladgesig het ek altyd gedroom daarvan om in te skryf. Op daardie stadium in my lewe is ek deur 'n baie slegte tyd, egskeiding op 'n jong ouderdom en self ondersoek wat vir menige jare daarna aangaan. Soos tyd verloop het ek besluit om myself op te bou en het eers op my loopbaan gefokus,kwalifikasies verwerf en ondervinding opgebou. Na jare 'n wonderlike maat ontmoet en so ook 'n bonus mamma geword van twee pragtige meisiekinders. Intussen het ons ook 'n bondeltjie van ons eie ryker geword. Elke dag en elke geleentheid is net Genade.
Miskien is dit tyd dat die droom nou vlerke kry…
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Liefde
3 woorde wat jou goed opsom:
Liefde, Integriteit, Eerlikheid