Lara Botha
Dorp/Stad waar jy woon:
Secunda
Beroep:
Kommunikasie konsultant
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Na 'n lewensveranderende gebeurtenis het ek lank gesukkel om die mooi in die lewe raak te sien. Dit was elke dag 'n uitdaging om net een tree voor die ander te sit. Met tyd het ek egter agtergekom dat my geloof en wonderlike vroue (wat reeds in my lewe was en ander totale vreemdelinge) my deur die moeilike tye dra en ondersteun. Elkeen van hierdie vroue het 'n hartsvriendin vir my geword en ek sal ewig dankbaar wees vir die rol wat elkeen in my lewe speel.
SARIE is vir my soos 'n hartsvriendin, sy laat my goed voel, sy laat my mooi voel, sy herinner my dat daar mense net soos ek is, sy laat my lag en sy inspireer my om beter te wees en 'n verskil te maak in mense se lewens. So, om my hartsvriendin se voorbladgesig te kan wees, sal vir my die grootste eer wees wat daar is. Ek het al as klein dogtertjie na my geliefde ma se SARIE tydskrifte, wat sy elke maand getrou gekoop het, deurgeblaai en soos wat die jare verby gegaan het, het ek naderhand SARIE van voor tot agter deurgelees en konnie wag vir die volgende uitgawe om op die rakke te verskyn nie. Om myself op SARIE se voorblad te sien, sal nie net wees soos 'n ongelooflike droom wat waar word nie, maar dit sal ook 'n dankie wees aan al die sterk, wys, innoverende en goedhartige vroue in my lewe. Dit sal 'n dank gebaar wees aan elkeen wat 'n verskil in my lewe gemaak het.
Ek het verseker nie van al die wonderlike mans (pappas, ooms, broers en vriende) in my lewe vergeet nie! Elkeen van hulle weet hoe groot die rol is wat hulle in my lewe speel. Daar is darem egter niks so mooi soos 'n klomp vrouens wat laer trek om een van hul eie te ondersteun en te beskerm nie. Dit is te danke aan hierdie vroue dat ek vandag weer die mooi in elke nuwe dag raaksien.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Skilderagtig
3 woorde wat jou goed opsom:
Geduldig, Passievol, Entoesiasties