Marelize Lerm

Dorp/Stad waar jy woon:

Brackenfell

Beroep:

Direkteer

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Hoekom skryf ek in vir Sarie is die groot vraag.

Ek is gebore in die Kaap en bly nog al die jare hier. Ek is let wel ‘n enkel mamma al vir 5 jaar van my lewe, en soos almal weet is dit ook ‘n voltydse pragtige werkskepping wat ‘n mens baie besig hou veral as dit net een ouer is wat als moet doen maar bygese met liefde.

Ek is ‘n gekwalifiseerde skoonheidsterapeut wat verskeie salonne gehad het en is nou heeltemal uit die beroep uit en is nou’n besigheids eienaar saam met my broer en ons behartig nou ons oorlede pa se nutsdienste besigheid wat my verskriklik besig hou so tyd is baie min en nie rerig aan my kant nie dan het ek ook ‘n aanlyn winkel wat mense het met gewig naamlik eetplanne.

Ek het hom Julie 4 jaar terug af gestaan aan die dood en kon dit net nie verstaan of verwerk het nie so met die gevolg het ek verskriklik baie gewig opgetel en wou myself net wegsteek, maar met behulp van ‘n goeie ondersteunings stelsel het ek 33 kg verloor en hou dit nou meer as ‘n jaar al af.

Ek het ook 10 jaar terug ‘n siekte gehag bell’s palsy wat verlamming is van eenkant van die gesig, my linkerkant was vir 10 maande verlam, waar ek weer moes leer praat, eet en kou met ‘n toe mond en my oog moes vanself weer begin knik, dit was die aakligste tyd van my lewe en veral vir ‘n vrou wat mal is oor grimering en mode. Ek het absoluut geen selfvertroue of ‘n selfbeeld gehad nie, maar met behulp van verskeie mediese Dr’s het my gesig baie mooi herstel, dit is soms nog net die een oog wat so bietjie kleiner en lui is.

Ek voel beter as ooit oor myself en dit is vir my ‘n teken dat ek gereed is om nou in te skryf.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Luuks

3 woorde wat jou goed opsom:

Spontaan, Sprankelend, Hulpvaardig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media