Zané Hattingh
Dorp/Stad waar jy woon:
Boksburg
Beroep:
Student (BCom Accounting Science)
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Sarie skep 'n gemeenskap waarin vroue kan groei en leer uit mekaar se omstandighede en ervaringe. Ek is 'n trotse student met 'n streng daaglikse roetine en vanjaar het ek besluit om uit my gemaksone te tree en nuwe ervaringe aan te pak; dinge wat ek nie normaalweg sal doen nie. Hierdie geleentheid is ideaal vir my om daardie gemaksone op sy te skuif en nuwe dinge te probeer en terselfdetyd myself uit te daag. My persoonlike mening is dat balans en uitdagings van kardinale belang en dit is iets wat ek graag aan ander vroue en studente sal wil oordra. Ek glo in die krag van stories om mense te inspireer, te verbind en 'n betekenisvolle impak te lewer.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Kabouter
3 woorde wat jou goed opsom:
Stralend, Gedrewe, Doelgerig