Juanita Blaauw
Dorp/Stad waar jy woon:
Windhoek
Beroep:
Besigheidseienaar
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek is n baie kunstige persoon. Ek is lief vir teken, dans, sing, toneelspeel en ook modelwerk.
Ek het model klasse gevat toe ek jonger was en was ń finalis vir Miss Supranatural Namibië.
Ek het kuns gehad op skool en drama gestudeer vir 4 jaar in Somerset Wes.
Ongelukkig is daar nie veel ondersteuning vir kunstige mense in Namibië nie.
Ek wil inskryf vir Sarie voorbladgesig, omdat ek sal graag die geldjies wil gebruik vir my besigheid.
Ek het n huis by my pa geerf, hy is oorlede toe ek 18 jaar oud was en ek verhuur die huis vir n inkomste.
Ek het nog altyd gedroom om dit in ń air bnb / koffie winkel te verander, waar ek my kunswerke ook aan toeriste kan verkoop en n warm atmosfeer skep, waar toeriste en windhoek locals kan mingle.
Indien ek wen wil ek graag die geld gebruik om die huis bietjie reg te maak en mooi meubels en tierlantytjies te koop.
Ek skryf ook in, omdat ek wil graag jong dames inspireer om ook hulle droom te volg.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Droom
3 woorde wat jou goed opsom:
Kreatief, Optimisties, Motiveerend