Linda Posthumus

Dorp/Stad waar jy woon:

Gqeberha

Beroep:

Geregistreerde verpleegkundige – Tans by huis

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf vandag in met die gewone wik en weeg, moet ek of nie? Ek volg al Sarie se voorbladgesig vir jare, maar het nog nie die stap geneem nie.

Ja!, ek wil graag op die Sarie voorblad van 2025 verskyn!! Dit sal sowaar 'n eenmaal in 'n leeftyd ervaring wees.
Nie net die voorblad nie, maar die mooi maak, die foto sessies, die bederf en natuurlik die belangrikste waar jy nuwe mense leer ken.

Elke vrou het haar eie storie. Ons lewe is al lankal vir ons bepaal. Elke draai maak jou net 'n beter en sterker vrou. Iemand het eendag vir my gese: "As die lewe jou druk, druk hom terug"

Ek is net dankbaar dat ek nog "LEWE", het in 2000 by dood omgedraai, die groot "K" oorleef en vele meer…..

Ek glo dat jy elke persoon wat op jou pad kom net met vriendelikheid behandel en dan maak ons die wereld net 'n beter plek!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Liefde

3 woorde wat jou goed opsom:

Konsensieus, Geduldig, Nuuskierig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media