Gretchen du Plessis

Dorp/Stad waar jy woon:

Thabazimbi

Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:

Ek glo dat elke jong vrou 'n unieke storie het wat waardevol is om te vertel, en ek is gereed om myne met selfvertroue, grasie en egtheid te deel. As 'n jong vrou van die paltteland het ek geleer dat skoonheid nie net oor voorkoms gaan nie, maar ook oor karakter, deursettingsvermoe en die vermoe om ander te inspireer. Ek wil 'n positiewe rolmoedel wees vir ander meisies wat groot drome het, al kom hulle van klein dorpies. "Sarie Nuwe Gesig" is vir my 'n platform om ander te wys dat jy nie hoef te verander om in te pas nie – jy moet net die moed he om jouself te wees.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

SPRANKEL-Dit is die Goddelike vonk van vreugde binne jou wese wat jou laat skitter en skyn, selfs in die donker en wat ander se hartsnare aanraak om ook hul lig te vind en uit te straal.

3 woorde wat jou goed opsom:

Geloofsvas, Sportief, Kreatief

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media