Leani Steenkamp
Dorp/Stad waar jy woon:
Stellenbosch
Beroep:
Prokureur
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek glo dat vroue sterk is – in hul denke, siele en harte terwyl hulle terselfdertyd vol liefde, skoonheid en drome is wat saak maak. Hierdie jaar het ek besluit om op te daag vir myself. Nie net as mamma, vrou of entrepreneur nie, maar as 'n vrou met 'n stem, 'n teenwoordigheid en 'n bydrae. Ek is dinamies en ambisieus, maar dra ook nes soveel ander vroue talle onsekerhede stilweg saam. Ons offer onsself in diens van ander en probeer voortdurend voldoen aan verganglike, wêreldse standaarde – maar ek glo ons is hier vir meer. Ons bou die toekoms vir onsself, ons kinders en ons land. Hierdie inskrywing is my manier om anders te kies: om myself te wys ek is die moeite werd, en om ander vroue aan te moedig om ook groot te droom, voluit te leef, en hulself nie meer laaste te plaas nie – maar te besef dat wanneer jy vir jouself opdaag, jy beter vir ander kan sorg en sodoende saam almal om jou kan ophef.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Lewenslus
3 woorde wat jou goed opsom:
Dinamies, Passievol, Probleemoplosser