Nikki Meyer-Kapp
Dorp/Stad waar jy woon:
Stellenbosch
Beroep:
Fotograaf
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek was nog altyd mal oor boeiende tydskrifvoorblaaie – dit fassineer my elke keer hoekom sommige gesigte jou in jou spore laat vassteek. Daar’s iets in die persoon se oë of uitdrukking wat onmiddellik 'n band vorm met die kyker – asof jy sommer dadelik 'n gesprek wil aanknoop met die vriendelike, stralende gesig op die voorblad!
Ek is versot op mense en hulle stories. Die moontlikheid om tussen ander inspirerende vroue te wees en hul stories te hoor, laat my brand van opgewondenheid – hetsy dit ’n redaksielid, grimeerkunstenaar of oulike, brawe deelnemer is.
As fotograaf is dit my rol om, agter die kamera, die soms onseker "is-ek-mooi-en-spesiaal-genoeg-om-afgeneem-te-word" gesigte op hul gemak te stel, en hulle te help glo dat hulle die oomblik 100% werd is -’n kans om te straal, om jou storie te vertel – tussen die daaglikse gejaag waarin jy soms voel dat die meeste balle val.
Viva Sarie! Sedert ek in my finale jaar van Grafiese Ontwerp aan Stellenbosch ’n studie gedoen het oor vrouetydskrifvoorblaaie en die metamorfose van vroueuitbeelding oor die dekades sedert die 1950’s, is ek begeesterd deur die enigma van ’n beeldskone voorblad.
Dan op persoonlike vlak – ek is 'n ma van 4 kindertjies tussen 3-11 jaar. Ek het 3 dogtertjies en wil vir hulle leer dat jy nie moet wegkruip nie, die lewe is te kort daarvoor – kyk die wêreld vierkantig in die oë, wees braaf, wees jy, waag 'n kans!
Hierdie is my derde inskryfpoging – wie weet, dalk maak ek dit hierdie keer tot aan die ander kant 🙂
Baie dankie!
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Harlekyn
3 woorde wat jou goed opsom:
Liefdevol, Entoesiasties, Saggeaard