Adré Müller
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Content Creator
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Op 37 is ek vir die eerste keer in my lewe volkome gemaklik met wie ek is.
Nie omdat ek perfek is nie, maar omdat ek vrede gemaak het met my foute—en verkies om op my sterkpunte te fokus.
Ek is óf vir jou óf nie… en weet jy wat? Dis reg so.
Jou opinie is geldig vir jou, maar dit bepaal nie my waarde nie.
Daar is niks so bevrydend soos om in jou eie vel tuis te wees nie.
Jy hou op vergelyk. Jy begin ander vroue se skoonheid raaksien.
En jy’s nie bang om dit vir hulle te sê nie,
want om ’n ander vrou op te lig, vat niks van jou eie lig weg nie.
Dís vrouwees. Dís vryheid. Dís wie ek is.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Heimwee
3 woorde wat jou goed opsom:
Eerlik, Lojaal, Deernisvol