Annamie van Wyk
Dorp/Stad waar jy woon:
Bloemfontein
Beroep:
Verkoopsverteenwoordiger
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek wou 12 jaar gelede ingeskryf het toe ek nog `n jong onderwyseres was, maar kon net nie die moed bymekaar skraap om dit te doen nie.
Die ek van 12-jaar gelede was bekommerd oor wat haar kollegas en vriendinne sou dink, en was bang mense sou minder dink van my as ek kon glo ek kan so iets doen.
12 jaar later glo ek om gereeld goed vir myself te doen, en geniet ek nuwe uitdagings. Ek gryp graag geleenthede aan, en ek het net besef ek skuld my jong-self `n inskrywing.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
sonskyn
3 woorde wat jou goed opsom:
toegewyd, kleurvol, produktief