Rentia Moll

Dorp/Stad waar jy woon:

Jeffriesbaai

Beroep:

Vorm- en steierwerk ontwerper

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek is daagliks toegewyd aan transformasie van ruimtes en die bou van drome deur
dienste te lewer aan ingenieurs in die konstruksie bedryf, as ‘n passievolle vorm- en
steierwerk ontwerper.
Hierdie tradisioneel manlike werksomgewing het my wilskrag asook veerkragtigheid
geleer en my tot onwankelbare vasberadenheid geïnspireer om vandag as vrou, ‘n
baanbreker te kan wees en toegelaat te word om myself uit te leef in kreatiwiteit en
aandag aan detail.
Hierdie Sarie-voorblad kompetisie is deel van my reis van selfondekking asook groei
en my selfvertroue spruit uit harde werk, deursettingsvermoë en ‘n onstuitbare
benadering in alles wat ek aanpak.
My grensverkuiwende reis het ek reeds begin deur, as’n trotse Sarie-leser te groei
tot ‘n Sarie-deelnemer en my lojale sosiale media-volgelinge, familie – en nou mede
Sarie lesers, deel daarvan te maak. Ek is daarvan oortuig dat die inspirasie op
hierdie pad, wedersydig is, want dis ‘n pad van selfliefde en innerlike vernuwing
terwyl ek ongelooflik dankbaar is vir elkeen wat my ondersteun.
Daarom is ek vasberade èn ook oortuig dat ek nie net vir myself deelneem nie, maar
ook tot inspirasie van vele ander se drome en selfvertroue is, want elkeen het rede
om hul unieke skoonheid met trots te omhels. Elke stap vorentoe bring my nader aan
my uiteindelike passie – om mense te inspireer, om met trots op te staan, voluit te
skyn en hul ware waarde met selfvertroue te omarm.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Goedertierenheid

3 woorde wat jou goed opsom:

Onwrikbaar, Bedagsaam, Selfgedrewe

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media