Bianca Ridgard

Dorp/Stad waar jy woon:

Danielskuil

Beroep:

Finansiële Klerk

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Om in te skryf vir Sarie Voorbladgesig was iets waarvan ek lankal gedroom het, maar nooit voorheen die moed gehad het om dit te doen nie. Hierdie jaar het iemand na aan my hart my aangemoedig en vrou-tot-vrou my weer geïnspireer en bemoedig.

Ek wil hierdie platform gebruik om my storie van hoop, geloof en God se genade met ander vroue te deel. My reis het my geleer dat dit nie saak maak waar jy vandaan kom of wat jy al deurgemaak het nie – daar is altyd 'n toekoms en nuwe begin wanneer jy jou geloof in God plaas.
Deur op die voorblad te verskyn, wil ek ’n stem van inspirasie wees vir vroue wat dalk verlore,gebroke of onsigbaar voel. Deur ware, opregte onwankelbare geloof is alles moontlik.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Kosbaar

3 woorde wat jou goed opsom:

Omgee-Mens, Diereliefhebber, Veilig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media