Naudené Steyn

Dorp/Stad waar jy woon:

Jeffreysbaai

Beroep:

Rekenmeester

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir Sarie voorbladgesig, want ek kan!

As jong meisie het ek altyd geglo dat enige iets moontlik is, iewers langs die pad het ek dit verloor. Soos die lewe sy houe uitdeel vergeet ons soms wat belangrik is en tot wat ons werklik in staat is.

Ek sal graag wil hê my dogter moet lewe asof enige iets vir haar moontlik is en al haar drome waar maak. Ek skryf dus in om net 'n kans te waag op iets wat moontlik iets fantasties kan wees, en net myself te herrinner ek kan.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Dankbaar… Ten spyte van alles is daar altyd iets om voor dankbaar te wees.

3 woorde wat jou goed opsom:

Deernis, Opreg, Volharding

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media