Christél Beukes

Dorp/Stad waar jy woon:

Rawsonville

Beroep:

Women’s Wellness Coach & Doula

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek is ‘n bloot gewone Rawsonville boeremeisie wat lief is vir mieliepap, biltong en vrek oor beskuit.

Na ek my studies in holistiese gesondheid in 2017 voltooi het by die New York “Institute of Integrative Nutrition’ en gesertifiseer was as “Health & Wellness Coach” was ek oortuig ek het uiteindelik begin proe aan die ‘roeping’ waarvan mense al so baie gepraat het. Daai een spesifieke ding wat jou siel diep gelukkig maak. Maar vars na ek studeer het, was my eersteling oppad. Dié fraaiste ou meisiekindjie het my hele wêreld kom omtiep met haar intense blou oë en sterk wil 😉

Moederskap het die laaste 5 jaar van my lewe kom oorneem en my dae het grotendeels gegaan oor om twee dogtertjies te koester en om seker te maak hulle het ‘n sterk, liefdevolle fondasie vir die groot wye wêreld daar buite. Ek was nog altyd mál oor gesondheid, en het uiteindelik in 2024 my eie besigheid begin bou (“Glõw”) en die brawe stap geneem om beter na myself (emosioneel en fisies) te begin kyk om ook so ander vrouens uit ‘n eerlike, egte plek te kan help op hulle gesondheidspad. ‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees, ‘n gees wat gloei van lig en lewe. Dit is my grootste passie en vreugde om ander vrouens op hierdie manier te inspireer (selfs deur die op en af, slapelose nagte, glase wyn en huil van al die lag). Dit maak sóveel saak hoe ons na onsself omsien en opdaag in hierdie wêreld.

Sarie was nog altyd my sterkste konnetasie aan vroue inspirasie – wat ‘n voorreg sal dit nie wees om myself te kan vereenselwig met hierdie vroue inspirasie tydskrif nie en wat nog op die voorblad te verskyn!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Salig

3 woorde wat jou goed opsom:

Koesterend, Toegewyd, Sensitief

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media