Nicolette Human

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Grafiese Ontwerper en Projek Bestuurder

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Elkeen van ons reis deur die lewe op ons eie manier en teen ons eie pas. Soms stadig, soms wild, soms heel anders as wat ons verwag het, en heel anders as die mense om ons. En dit is okay!

Met my deelname, wil ek myself en my lewensreis vier, en sodoende ander motiveer om ook hul pad met trots te stap met kronkels en al. Nie net bloot om te wil bestaan nie, maar om elke geleentheid wat oor jou pad te kom aan te gryp, ten volle te leef en die lewe met elke tree te vier!

In die jaar waarin ek dertig word, ‘n nuwe hoofstuk, kies ek om die lewe ten volle te omhels, met positiwiteit, vryheid en ’n “ja” vir alles wat op my pad mag kom wat my uitdaag, en dalk bang maak. Dis juis in daardie ongemak waar ek gaan groei, en dalk selfs iemand kan inspireer.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Kraakvars

3 woorde wat jou goed opsom:

Natuurliefhebber, Kreatief, Positief

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media