Estelle Horn

Dorp/Stad waar jy woon:

Melkbosstrand

Beroep:

Mediese verteenwoordiger

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Sarie se voorblad was nog altyd en is nog steeds ‘n “show stopper” vir die oog en inderdaad ‘n aangrypende voorbeeld van skoonheid. As voorbladgesig sal dit wonderlik wees om ander vrouens te help inspireer oor hoe selfaanvaarding, selfliefde en die term “vrouwees” uitgelig kan word. Vir my kan Sarie beskou word as ‘n vriendin saam wie jy ‘n glas wyn kan deel, geheimpies verklap en oor alles in die lewe kan gesels en dit is die beskrywing van pitkos vir jou siel. As klein dogtertjie ken ek Sarie as die tyskrif met van die inspirerendste artikels rakende vrouens se uniekheid wat elegansie uitbeeld en deur dit saam te vier.
Vandag vat ek die kans, as ‘n jong dame om deel te kan wees van hierdie asemrowende avontuur. Ten spyte van die lewe en sy uitdagings, moet ons nooit twyfel en vergeet wie ons as mense werklik is nie! Met ‘n stralende gloei en ‘n toegeneentheid vir natuurlike elegansie, beliggaam ek die essensie van skoonheid en selfvertroue.
As ‘n velsorg spesialis en ‘n mediese verteenwoordiger, het ek nog altyd ‘n passie om ander te motiveer om mooi en selfversekerd, van binne en buite af, te help voel. Met my sagte en omhelsende persoonlikheid het ek nog altyd ander mense se belange voor myne geplaas, maar vandag…trap ek buite my gemaksone en sit myself in die kollig!
Ek is Estelle Horn en hierdie….is my storie.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Geluksalig

3 woorde wat jou goed opsom:

Outentik, Omhelsend, Deernisvol

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media