Mariné Botha

Dorp/Stad waar jy woon:

Port Elizabeth / Gqeberha

Beroep:

Besigheidseienaar van Joy4Kidz; ek's ook die drama-en dansjuffrou

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

As vrou vertolk ek soveel verskillende rolle. Ek speel die rol van netbalmamma met 'n verlangenshart in die Kaap, 'n dramajuffrou wat daagliks deur die lewe te dans, 'n vriendin wat ander se arms omhoog hou, 'n minnares vir die ongelooflikste man en 'n doodgewone mense-mens. Met al die verskillende rolle wat ons in hierdie wêreld waarin ons leef vertolk, fokus ons as vroue só op die moet-wees dat ons vergeet om bloot te wees.

Sias Reinecke het destyds gesing "ek wens jy kon jou deur my oë sien" en dit is ook my grootste wens vir elke vrou; dat sy haarself sal kan raaksien deur die oë van diegene wat haar omring, want om in die spieël te kan kyk en die mens wat jy daarin sien met elke lagplooi en traanglinster ten volle te omarm is 'n ongelooflike voorreg wat elke vrou behoort te hê.

Deur in te skryf vir Sarie se Voorbladgesig, hoop ek om nie bloot 'n verskil te maak nie, maar die verskil te wees – as ek net een vrou daaraan kan herinner dat sy waardig, beeldskoon en 'n lig is, het ek my doel met hierdie inskrywing bereik. Ons as vrouens moet of ons 25 of 55 is, ons oë oopmaak en die skoonheid wat in ons binneste opgesluit lê raaksien, want daar lê ons waarde. En soos ons sien, ook besef dat die enigste rol wat ons volkome moet vervul, die een is van mens, van vrou, want dit is meer as goed genoeg.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Tierlantyntjies

3 woorde wat jou goed opsom:

Flambojant, Spontaan, Opreg

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media