Chimoné Barends

Dorp/Stad waar jy woon:

Potchefstroom

Beroep:

Assistant Accountant

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het gevoel dat 2025 my jaar is! Die rede daarvoor is, omdat ek 50jr oud geword het en altyd daarvan gedroom het om met selfvertroue my bestaan as vrou te kan regverdig.

Ek is energiekvol, het 'n passie vir mense (hou daarvan om te gesels/praat), 'n omgee hart, 'n oor om te luister as iemand my nodig het of raad te gee, maar my hoorrede en doel van my bestaan op aarde is om 'n verskil in iemand anders se lewe te maak. Ek hou daarvan om te gee al is dit net 'n drukkie of 'n vriendelike waai of net te vra hoe dit met jou gaan. Ek sal uit my pad gaan om ander te help en myself altyd laaste te stel.

Ek lewe eenkeer, sien die mooi in ander, het geduld en het altyd met bewondering na die Sarievoorblad vrouens gekyk en hul skoonheid bewonder sowel as wat hulle vermag/bereik het in hul lewens.

Ek wil die sonskyn vir ander wees, die hartseer uit ander se oë haal wat ek daagliks raaksien en nooit negatief beinvloed word nie – alles wat ek doen is 'n keuse en 'n besluit wat ek daagliks uitoefen. Ek sê altyd vir my twee seuns (amper 23jr en 18) wees jouself, lag en moet nooit verander om in te pas nie, jy het altyd 'n keuse in jou lewe. Jou besluite kan jou maak of breek!

Dankie vir die geleentheid om in te kan skryf op hierdie ouderdom en ek gryp dit met albei hande aan!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Uniek

3 woorde wat jou goed opsom:

Energiek, Passievol, Omgee

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media