Chene Wessels
Dorp/Stad waar jy woon:
Hekpoort
Beroep:
Nail Technician
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Van kleins af het ek van mode en alles wat mooi is in tydskrifte gehou. En toe SARIE begin met die “Voorbladgesig” het ek as ‘n klein dogtertjie dit so geniet om te sien wie wen en wou self eendag dit probeer. Hierdie jaar is die eerste keer wat ek werklik selfversekerd kan sê ek is gelukkig in my eie vel. Ek is trots op wat ek al bereik het so jonk. En het besef hoe belangrik dit is om vir jou liggaam te luister en te fokus op gesond te eet en honestly positief oor jouself te praat. Dit is jy en jou liggaam verewig saam. Ek skryf in vir Sarie Voorbladgesig omdat ek glo dat ek my storie met ander kan deel, en om ander te inspireer om hulself met liefde en selfvertroue te aanvaar.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Pantoffels
3 woorde wat jou goed opsom:
Saggeaard, Grappig, Bedagsaam