Hesléne Jacobs

Dorp/Stad waar jy woon:

Stellenridge, Bellville

Beroep:

Versekering Administrateur

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Baie maal bewonder ons iemand anders se waagmoed en durf van 'n afstand…en wonder dan – "Hoekom kan ek nie?"
Soms het mens net daardie hupstoot nodig – en danksy 'n hupstoot en aanmoediging van 'n vriendin het ek besluit om uit my gemaksone te klim en hierdie geleentheid aan te gryp. Want "Hoekom nie!!"

Op 46, en as 'n ma van 'n tienerdogter en seun, wil ek graag 'n voorbeeld stel aan hulle om nie bang te wees om 'n kans te vat nie, en om te glo jy is in staat tot baie meer. Ek wil ook graag vir hulle 'n voorbeeld wees van mooi na jouself en gesondheid kyk.

Verder kan ons so maklik veroordeeld voel en bang wees vir wat mense gaan dink – dat dit ons so baie keer verhinder om iets te doen wat moontlik 'n positiewe impak op jou lewe kan hê!

En jy gaan nooit weet en altyd wonder as jy nie probeer nie!!

So hier is ek – 'n ma, dogter, suster, kollega, vriendin, eggenoot, vrou – glad nie perfek nie, maar uniek en spesiaal in God se oë. Ek streef elke dag daarna om aan te hou groei en ontwikkel, nie moed te verloor nie in my lewe, en te leer uit dit wat oor my pad kom – daar is altyd 'n rede.

Ek wil deur my lewe vir ander wys dat 'n glimlag en opregte vriendelikheid, mooi van binne wees en 'n daad van omgee (maak nie saak hoe klein) 'n uitkring effek het wat veel verder kan strek as enige iets anders! Ons almal het 'n storie en kan 'n verskil maak.

So gryp elke dag aan, en wees jouself – altyd! 🩷

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Genade

3 woorde wat jou goed opsom:

Positief, Sterk, Vasberade

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media