Shalene Ingram

Dorp/Stad waar jy woon:

Bloemfontein

Beroep:

Entrepreneur/ Berader

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek tree tans in ‘n nuwe seisoen in my lewe in, waar ek ‘n pad van siekte en uitdaging, maar ook baie groei en geleenthede beleef het. Dit is nou my tyd om uit te gaan en ander vrouens te bemagtig om
op te staan uit die seer van die lewe. Ek glo met Sarie Voorbladgesig, kan ek my storie deel, ander bemoedig, maar ook ‘n deel wat lank dormant gelê het in myself – uitdaag om die beste weergawe te wees van myself, te streef na die mooi in my, ten spyte van die lewe se uitdagings! Ons het immers elkeen ons eie storie en uitdagings wat oor ons pad kom. Hoekom dan nie die kans waag tot ‘n platvorm om my storie te kan deel nie!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Asjas

3 woorde wat jou goed opsom:

Sag, Borrelend, Veerkragtig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media